Eloffsdal Advent Sentrum fokus om ‘n impak te maak in die Moot omgewing deur die hoop van Christus se wederkoms te verkondig met Bybelwaarhede wat mense se geloof en lewens versterk. Ontdek die betekenis van volkome rus soos verwoord op hierdie webblad.

Ons Geloofsbelydenis | 28 fundamentele leerstellings
Sewendedag Adventiste aanvaar die Bybel as die enigste bron van ons oortuigings. Ons beskou ons beweging as die resultaat van die Protestantse oortuiging Sola Scriptura – die Bybel as die enigste standaard van geloof en praktyk vir Christene.
My God se liefde is onbeperk
Baie het al probeer om te bepaal wat behels die basis van die menslike bestaan. Vir sommige is dit om geken te word en vir ander is dit om bemin te word. Vir baie is dit om 'n blywende indruk te laat in die wêreld sodat die impak van hul lewens sal voortgaan om betekenis te hê vir ander.
My Lewe is 'n kosbare geskenk van God
Toe die Skepper die asem van die lewe in die neus van die eerste ouers van die aarde ingeblaas het, was hierdie daad om menslike lewe te gee, die hoogtepunt van 'n groter werk. 'n Omgewing is eers geskep wat alle menslike sintuie sal stimuleer. Elke dag beleef ons tonele, geluide, smaak en reuke en tog ervaar ons dat hierdie herhaalde belewenisse geensins hulle trefkrag en wonder laat afneem nie.
My Wêreld is 'n bron van hoop vir die mensdom
Hoe het Jesus aan Sy dissipels getoon hoe vêr Sy liefde sou gaan? Deur Sy bo-kleed uit te trek, ‘n doek om sy middel vas te maak en van dissipel tot dissipel te gaan om hulle voete te was. (Johannes 13: 1 - 5)
Christus vir die gemeenskap
Ons wil ’n gemeente wees wat werklik ’n verskil in ons gemeenskap wil maak, om nie net Jesus te deel met die gemeenskap nie maar ook om soos Jesus tot almal uit te reik. Die vraag wat baie keer gevra word, is: “Gaan die gemeenskap die kerk mis sou hy oornag afbrand?” - In antwoord op die vraag het ons besluit om ons fokus so te plaas sodat ons ‘n direkte impak maak binne ons gemeenskap met Christus as ons Leidsman en Voorbeeld.
8+
TyDperk Aktief
Eloffsdal Advent Sentrum is 6 jaar aktief. Die gemeente het ontstaan na die kerklidmaat getalle tot so mate gegroei het dat die Gezina kerklokaal nie meer voldoende was nie. Gezina gemeente was 30+ jaar aktief as Sewendedag Adventiste kerk vir die Moot area.
110+
Gemeentelede
Eloffsdal Advent Sentrum is ‘n gemeente met lede van verskillende ouderdomsgroepe en diverse agtergrond. Hierdie verskille maak dit moontlik om brûe te bou en na mekaar uit te reik. Die gemeente het nog baie ruimte vir nuwe lede en fokus sterk op evangelisasie om die koninkryk van God uit te brei.
15+
nuwe dopelinge elke jaar
Eloffsdal Advent Sentrum bied verskeie evangelisasie programme aan, onder andere, Bybelstudies, seminare, DVD verspreidings en huisbesoeke om mense te leer van Jesus en die Woord van God.
Bedieninge
Baanbrekers
Eloffsdal klub vir avontuurlustige kinders maak deel uit van ‘n wêreldwye organisasie wat ryk is aan geskiedenis, ervaring, hulpbronne en passie vir kinders en die evangelie. Die doel is om kinders aan God bekend te stel en hulle te lei na geestelike volwassenheid, groter algemene kennis, handvaardighede en die ontwikkeling van sosiale vaardighede terwyl hulle hope pret saam het.
Lees meer
PLOT 111
Plot 111 is geleë op die Moloto pad. Hier bly Afrikaners wat deur Volkshulp en ander organisasies gesteun word. Daar is min of meer 100 inwoners. Eloffsdal doen twee uitreike per jaar (Julie en Desember) saam met Wit Plakkers Inisiatief (WPI). Die evangelie word deur middel van opheffings asook welsynsprogramme uitgedra.
DVD Bediening
Die oogmerk van die DVD Bediening Evangelisasie Projek van die Sewendedag Adventiste Kerk is om die Moot area geestelik op te bou deur middel van die sistematiese huis tot huis verspreiding van DVDs. Die fokus is om die nimmer eindigende liefde van God vir al Sy kosbare kinders duidelik na vore te bring, asook om die spoedige wederkoms van Sy Seun, Jesus Christus, met oortuiging te verkondig.
Lees meer
Sub-organisasies
ADVENTIST WORLD RADIO
AWR saai die Advent hoop in Christus uit aan die mense van die wêreld in hulle eie tale deur gebruik te maak van die mees doeltreffendste media. Radio oorbrug die grense van regeringsbeperkings, kulturele teenstand, ongeletterdheid en geografiese ligging. AWR gebruik kortgolf radio, nasionale radio netwerke, plaaslike FM radio stasies, potgooie en sonkrag aangedrewe spelers met vooraf opgeneemde materiaal.
Lees meer
ACB | Boek- en Gesondheidswinkel
Adventist Christian Bookshop (ACB) is 'n Adventiste Boekwinkel, geleë in Eloffsdal, Pretoria. Ons bestaan vanaf November 2013 en alhoewel ons steeds klein en persoonlik is, het ons reeds uitgebrei en voorsien ons gesondheid produkte en Skrifgesentreerde Christelike boeke aan klante. Besigheidsure is as volg: Maandae tot Donderdae: 07:30 - 17:30 |Vrydae: 07:30 - 13:00 | 1ste Sondag van elke maand: 09:00 - 12:00.
Lees meer
Alfa-Eden Opvoedingsentrum
Alfa-Eden Opvoedingsentrum is trots om Christelike onderwys in Afrikaans te bied aan inwoners van die Pretoria omgewing. Kinders ontvang persoonlike en gespesialiseerde onderwys. Hier is kinders meer as net ‘n nommer, hier is hulle die prioriteit. Gebruik gerus onderstaande skakels om meer inligting oor die betrokke afdeling te bekom.
Lees meer
Lees meer: Kleuterskool
Lees meer: Tutorsentrum
Lr. Kim Rowe-Rowe : 'n Lewe van diens en toewyding
Leeraar Kim Rowe-Rowe is op 29 April 1975 in Zeerust, Wes-Transvaal, gebore en het sy lewe daaraan gewy om sy gemeenskap en sy God te dien. Nadat hy in 1993 aan Hoërskool Zeerust gematrikuleer het, begin hy sy professionele reis in die Departement van Landbou, waar hy vir agt jaar (1994–2001) in die Direktoraat Veeartsenydienste gedien het. Gedurende hierdie tyd het hy ook 'n deeltydse rol as 'n Jeugleier in die Noordwes-streek van 1998 tot 2001 aangeneem, wat sy vroeë toewyding om jongmense te lei en te inspireer, demonstreer. Hy is op 18 Januarie 1997 in Licthenburg gedoop. Dit was die begin van sy lewenslange toewyding aan die bediening.
In 2002 het Leeraar sy studies op Helderberg Kollege begin en in 2005 gegradueer. Hierdie formele opleiding het hom voorberei op 'n lewe van pastorale diens, wat in Desember 2005 in alle erns begin het toe hy vir 'n kort tydperk by die Suid-Botswana-konferensie aangestel was. Kort daarna, in Februarie 2006, het hy by die Transvaal Konferensie aangesluit, waar hy ses jaar lank gedien het. Gedurende hierdie tyd het hy in verskeie gemeenskappe bedien, insluitend Wolmaransstad, Vryburg, Magogong, Johannesburg (Bassonia en Die Tuine), en Pretoria (Magaliessig en Warmbad).
In 2012 het Leeraar Rowe-Rowe na die Kaap verhuis, waar hy gemeentes in Nahoon, Gonubie, Cambridge, Parkside en Stutterheim bedien het. Die volgende jaar het hy oorgeskakel na die KwaZulu-Natalse Vrystaatse konferensie, waar hy 12 jaar in verskeie leierskaprolle deurgebring het. Hy het ses jaar lank in Pinetown gedien, toesig gehou oor die Pinetown-kerk, die Westville-gemeente geplant en in Ballito bedien. Gedurende hierdie tyd het hy ook deeltydse rolle as Gesinsbedieningdirekteur en Gesondheidsdirekteur opgeneem. Hy het later vir drie jaar in Bloemfontein gedien en gemeentes in Bloemfontein Sentraal, Langenhovenpark en Bethulie gelei, voordat hy vir nog drie jaar na Pinetown teruggekeer het as Rentmeesterskapdirekteur.
Hy het sy bediening by Eloffsdal begin Januarie 2025, en ons is geëerd om hom en sy gesin hier te hê.
Hy is op 19 Desember 1999 te Leeuwpoort naby Rustenburg getroud met Wilna du Buisson en saam het hulle drie kinders: Rachel, gebore op 10 April 2003; Hannah, gebore op 19 Oktober 2005; en Caleb, gebore op 30 September 200. Sy gesin was 'n bron van krag en inspirasie regdeur sy reis. Op 23 April 2011 is Leeraar Rowe-Rowe by die Sedaven-kampvergadering georden, 'n belangrike mylpaal wat sy roeping en toewyding om God en sy gemeenskap te dien, bevestig het. Deur sy onwrikbare geloof, toewyding en leierskap, gaan pastoor Kim Rowe-Rowe voort om lewens aan te raak en diegene rondom hom te inspireer.
Word betrokke
Teken in vir BybelStudies
Aktuele studies wat u kennis sal verbreed en u verstand sal voed. Ons bybelwerkster/werker sal u stap vir stap lei deur die studies by u tuiste.
Bestel gratis Christelike DVDs/CDs
Insiggewende DVDs wat u bybelkennis sal verryk en Jesus sal openbaar in die 21ste eeu. Ons DVD Bediening versprei gratis DVDs van verskeie geestelike onderwerpe.
Kontak ons
Ons sien uit na u oproep en navrae. Die Eloffsdal Advent Sentrum personeel help graag!
Adri Roux (Sekretaresse) - (074) 791 5856
Besoek ons
H/V Fred Nicholson Straat & 8ste Laan | Eloffsdal | Pretoria
Dienstye
Sabbatskool - Saterdae 09:15
Erediens - Saterdae 11:00