8+
TyDperk Aktief
Eloffsdal Advent Sentrum is 6 jaar aktief. Die gemeente het ontstaan na die kerklidmaat getalle tot so mate gegroei het dat die Gezina kerklokaal nie meer voldoende was nie. Gezina gemeente was 30+ jaar aktief as Sewendedag Adventiste kerk vir die Moot area.
110+
Gemeentelede
Eloffsdal Advent Sentrum is ‘n gemeente met lede van verskillende ouderdomsgroepe en diverse agtergrond. Hierdie verskille maak dit moontlik om brûe te bou en na mekaar uit te reik. Die gemeente het nog baie ruimte vir nuwe lede en fokus sterk op evangelisasie om die koninkryk van God uit te brei.
15+
nuwe dopelinge elke jaar
Eloffsdal Advent Sentrum bied verskeie evangelisasie programme aan, onder andere, Bybelstudies, seminare, DVD verspreidings en huisbesoeke om mense te leer van Jesus en die Woord van God.
Bedieninge
Baanbrekers
Eloffsdal klub vir avontuurlustige kinders maak deel uit van ‘n wêreldwye organisasie wat ryk is aan geskiedenis, ervaring, hulpbronne en passie vir kinders en die evangelie. Die doel is om kinders aan God bekend te stel en hulle te lei na geestelike volwassenheid, groter algemene kennis, handvaardighede en die ontwikkeling van sosiale vaardighede terwyl hulle hope pret saam het.
Lees meer
PLOT 111
Plot 111 is geleë op die Moloto pad. Hier bly Afrikaners wat deur Volkshulp en ander organisasies gesteun word. Daar is min of meer 100 inwoners. Eloffsdal doen twee uitreike per jaar (Julie en Desember) saam met Wit Plakkers Inisiatief (WPI). Die evangelie word deur middel van opheffings asook welsynsprogramme uitgedra.
DVD Bediening
Die oogmerk van die DVD Bediening Evangelisasie Projek van die Sewendedag Adventiste Kerk is om die Moot area geestelik op te bou deur middel van die sistematiese huis tot huis verspreiding van DVDs. Die fokus is om die nimmer eindigende liefde van God vir al Sy kosbare kinders duidelik na vore te bring, asook om die spoedige wederkoms van Sy Seun, Jesus Christus, met oortuiging te verkondig.
Lees meer
Sub-organisasies
ADVENTIST WORLD RADIO
AWR saai die Advent hoop in Christus uit aan die mense van die wêreld in hulle eie tale deur gebruik te maak van die mees doeltreffendste media. Radio oorbrug die grense van regeringsbeperkings, kulturele teenstand, ongeletterdheid en geografiese ligging. AWR gebruik kortgolf radio, nasionale radio netwerke, plaaslike FM radio stasies, potgooie en sonkrag aangedrewe spelers met vooraf opgeneemde materiaal.
Lees meer
ACB | Boek- en Gesondheidswinkel
Adventist Christian Bookshop (ACB) is 'n Adventiste Boekwinkel, geleë in Eloffsdal, Pretoria. Ons bestaan vanaf November 2013 en alhoewel ons steeds klein en persoonlik is, het ons reeds uitgebrei en voorsien ons gesondheid produkte en Skrifgesentreerde Christelike boeke aan klante. Besigheidsure is as volg: Maandae tot Donderdae: 07:30 - 17:30 |Vrydae: 07:30 - 13:00 | 1ste Sondag van elke maand: 09:00 - 12:00.
Lees meer
Alfa-Eden Opvoedingsentrum
Alfa-Eden Opvoedingsentrum is trots om Christelike onderwys in Afrikaans te bied aan inwoners van die Pretoria omgewing. Kinders ontvang persoonlike en gespesialiseerde onderwys. Hier is kinders meer as net ‘n nommer, hier is hulle die prioriteit. Gebruik gerus onderstaande skakels om meer inligting oor die betrokke afdeling te bekom.
Lees meer
Lees meer: Kleuterskool
Lees meer: Tutorsentrum